Paintings done... some sold... some not. Do commission work... specialize in Portrait studies.
This blog is for persons wanting to know about certain crafts and arts.
This is a blog about life and people living their own kind of life. Love for food and hobbies and crafts and good music and nature at its best. We aim to be whole and to be kind to ourselves and the environment. Enjoy a day in my life.
Wednesday, October 12, 2011
Boere-mojito
Deur Peter van Noord
'n Lekker keelnatmakertjie.
’n Mens sou dit die Kubane se nasionale drankie kon noem, maar as die son hier by ons ondergaan, is dié heerlike plaaslike weergawe ewe lekker. Veral as jy ’n olifant of ander wilde dier het wat jou geselskap hou.
Bestanddele:
(vir 1 mojito)
• 1 sopie goeie rum, verkieslik Kubaans
• sap van ’n halwe suurlemoen
• hand vol (ja, lekker baie) vars mentblare
• teelepel suiker
• sodawater
• Appletiser
• ys
• suurlemoenskyfie
Só maak jy:
1. Klink sy doppie. Gooi die rum en suurlemoensap in ’n gewone whiskyglas.
2. Dink “groen”… Stop nou al daai mentblare in die glas en gooi die suiker bo-oor. Gebruik ’n vurk of skemerkelkmengertjie om die spulletjie goed te roer (en sommer die ment ook te prik en kneus vir ekstra geur).
3. Koel af, Swaer! Gooi nou ’n hand vol ys in elke glas en vul die res van die glas met die helfte sodawater en helfte Appletiser. Roer dit een keer deur en deel uit. Rond dit af met ’n suurlemoenskyfie in die glas se rand. Salud!
Weg sê: Dit klink dalk soos ’n somerdrankie – en dit is inderdaad – maar dis ook heerlik as ’n aptytwekkertjie voordat die stadiggeroosterde lamskenkels voorgesit word… selfs al is alkohol nie jou beste vriend nie en jy los die rum uit.
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment